Local newsNews

Emmanuel skop 2018 mooi af

So sluit nog ’n Emmanuel vergadering af.

EMMANUEL het hul eerste jaarlikse vergadering gehou op 18 Januarie by die Alberton Lewensentrum.

Musikale gaste Ronell Erasmus en een van haar vriendinne, Nicolene Koen, het almal vermaak met hul mooi stemme.

Die ontvangsarea was vol opgewonde Emmanuel-lede, waarvan baie vir die eerste keer kom kuier het. Die tafels was weer so mooi opgemaak en die vingerhappies was netjies uitgepak om die musiekopvoering te geniet.

Die vergadering het begin met Marelie Rabie wat almal welkom geheet het. Sy wens sterkte vir die families van drie Emmanuel lede wat gedurende die vakansie oorlede is.

NICOLENE KOEN: Nicolene het vir die eerste keer op die verhoog vir ‘n gehoor gesing.

Gelukwensings word uitgedeel aan die verjaarders van die maand en sy gee dank aan ieder en elk wat gehelp het met voorbereidings en wat die vergadering bygewoon het.

Herman Coetzer open die oggend met gebed en ’n paar grappies om die ys te breek. Daarna word almal uitgenooi na die saal toe waar Ronell reg was om op te tree.

Ronell het so mooi soos ’n Disney prinses gesing. Sy het die gehoor betower met liefdesliedjies, gospel en country liedjies. Across the Bridge, Die Aand op die Wal van die Vis Rivier, Hallelujah en I Can’t Help Falling in Love with You was ’n paar van haar gunsteling gekose liedjies.

Daarna stel sy die gehoor voor aan haar vriendin, Nicolene Koen, wat ook twee liedjies gesing het. Haar stem was pragtig en jonk en die gehoor het ook liefs vir haar hande geklap.

Nadat almal hulself aan die mooi musiek verluister het, was dit tyd om die vingerhappies te geniet met ’n koppie tee en geselskap.

RONELL ERASMUS: Ronell het met ‘n ongelooflike stem gesing!

So sluit nog ’n Emmanuel vergadering af.

Die volgende vergadering sal plaasvind op 15 Februarie by dieselfde plek om 10vm. Die musikale gas is nog onbekend, so daar lê ’n lekker verrassing voor vir die wat wil bywoon.

Indien jy belangstel om die volgende vergadering by te woon, by Emmanuel aan te sluit, of enige navrae het, bel gerus vir Marelie Rabie tussen 8.30vm en 8.30nm op 082 462 8676.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button