Local newsNews

Ligstad bedien en bemagtig die gemeenskap van Alberton

Ligstad het ’n relatief kort geskiedenis met ’n groot droom vir ’n langtermyn impak op die lewens wat aangeraak word.

SEDERT September 2012 is Ligstad aktief besig om ’n verskil te maak in die gemeenskap van Alberton-Noord en die omliggende woonbuurte.

Dit is maklik om die suksesse in Ligstad se naskool en speelgroepie te meet, maar hoe word so ’n verskil egter tasbaar ten opsigte van die gemeenskapsdiens wat hulle lewer, gemeet?

“Dit is besonder moeilik, omdat die resultate daarvan dikwels nie onmiddellik sigbaar is nie of daar nie altyd terugvoer is ten opsigte van die suksesse van die persone wat deur middel van Ligstad se programme bemagtig is,” het Alida Jooste, maatskaplike werker by Ligstad, verduidelik.

“Ligstad se gemeenskapsdienste is eerstens pro-aktief en sluit die volgende dienste in: bejaarde ondersteuning binne hulle onmiddellike omgewing, beradingsdienste en bemagtigingsprogramme. Baie van die dienste wat gelewer word steun sterk op vrywilligers wat by die Ligstadspan aansluit om ’n verskil in die gemeenskap te maak. Deur die jare het 43 individue al aangemeld as vrywilligers en het hulle diens gelewer in die area waar elkeen graag betrokke wou wees,” het Alida voortgegaan.

Ligstad het die voorreg gehad om al op ’n deurlopende basis by 50 bejaardes betrokke te wees en is tans aktief betrokke in die lewens van 25 bejaardes van die omgewing.

Verder het hulle in ’n gesamentlike eenmalige program met die plaaslike binnelandse sake dienspunt in 2017, 100 bejaardes gehelp om aansoek te doen vir hul ID-kaarte.

“Ligstad se dienste aan die bejaardes is die diens waarop ek as sosiale werker in 2018 wil fokus, met die oog op die uitbreiding van die diens in samewerking met ander organisasies in Alberton.

“In die afgelope vyf en ’n half jaar is 160 individue al deur Ligstad gehelp met beradingsdienste wat op donasiebasis gelewer word. Een honderd gesinne se lewenskwaliteit is verbeter met hierdie noodsaaklike diens,” het sy voortgegaan.

“Opleiding is ’n belangrike manier om ’n groot impak te maak op die gemeenskap en om gemeenskapslede te bemagtig om die verskil te gaan wees in hul eie gemeenskap, waar hulle invloed het. Daarom word baie aandag hieraan geskenk en kan gemeenskapslede die media dophou vir toekomstige opleidingsgeleenthede wat Ligstad aanbied,” het Alida gesê.

Tot op hede is ouerleidingskursusse, kursusse ten opsigte van die hantering van getraumatiseerde kinders en tieners en beradingskursusse al aangebied deur Ligstad.

Volgens Alida is 126 individue al op dié wyse bemagtig en kan hulle nou meer effektief die gemeenskap bedien.

Ligstad het ’n relatief kort geskiedenis as nie-winsgewende organisasie, met ’n groot droom vir ’n langtermyn impak op die lewens wat aangeraak word. Kontak Alida Jooste by 011 907 0517/079 693 3666 as u wil deel raak van hierdie droom.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button