VIDEO: Emmanuel geniet Swanepoel-broers optrede
Almal sal uitsien as hulle weer vir Emmanuel kom kuier.
NEE kyk, met twee manne wat die kitaar kan tokkel en behoorlik sing, was dit beslis een groot feestelikheid by Emmanuel. Dié kerkgroep het op 15 Februarie weer bymekaargekom en het een van die beste optredes nóg geniet, toe broers André en James Swanepoel vir hulle kom kuier het.
Dit was hul maandelikse vergadering en het soos altyd by die Alberton LewenSentrum plaasgevind. Marelie Rabie het almal welkom geheet, dank getoon aan almal wat bygewoon het en gehelp het met voorbereidings, en hul normale program gevolg soos met elke vergadering.
Kyk:
Die tafels was weer eens mooi versier en almal was baie opgewonde om André en James Swanepoel te sien optree.
Hulle is broers wat saam kitaar (akoesties en elektries) speel en sing. Die styl van hul musiek is Afrikaans en “kampvuur”-agtig.

Hulle het die gehoor later aangenaam verras toe hulle Elvis se Don’t Be Cruel begin speel en sing het. Die optrede moes vir die gehoor perfek gewees het, want daar was skaars een mens wat nie saamgesing of hande geklap het nie. Daar was sommer vrolikheid in die lug.
Niek Coetzee het na hul optrede vir hul hartlik dankie gesê en dat almal sal uitsien as hulle weer vir Emmanuel kom kuier.

Soos altyd het almal na die optrede ’n bordjie vingerhappies en ’n koppie tee geniet en lekker met hul mede Emmanuel vriende gesels.

Emmanuel sal weer op 15 Maart bymekaar kom om hul 14de verjaarsdag te vier. Dit sal by die Alberton Lewensentrum vanaf 9.30vm plaasvind. Jason Bradly sal as musiekkunstenaar optree. Gaste word uitgedaag om soos “cowboys” en “cowgirls” aan te trek, maar dit is glad nie verplig nie.
Indien jy belangstel om dit by te woon, kontak gerus vir Marelie Rabie (tussen 8.30vm en 8.30nm) op 082 462 8676.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



