Tuiste vir Bejaardes maak opknappings
Vir die tuiste is die geluk van hul tans 102 inwoners prioriteit nommer een.
DIE Alberton Tuiste vir Bejaardes in Raceview is na vier jaar se beplanning uiteindelik hard aan die werk met opknappings. Dié behoort teen Augustus klaar te wees.
Volgens die tuiste se bestuurder, Salomi Niemann, is dit hoog tyd om hierdie opknappings te maak om die kwaliteit van lewe vir die inwoners en hul kuiergaste optimaal te maak.
“Dié plek word al 44 jaar oud, so dis tyd dat dit bietjie ’n facelift kry. Ons gaan binnekort met ’n nuwe kantoorarea, sitkamer, publieke toilet, raadsaal en ’n klein koffiewinkeltjie spog.

“Die bestaande sitkamer, oftewel ontspanningsaal, gaan addisionele toilette kry en omskep word in drie addisionele kamers vir inwoners, wat ’n en-suite kamer gaan insluit,” sê sy.
Vir die tuiste is die geluk van hul tans 102 inwoners prioriteit nommer een. Met die nuwe opknappings sal inwoners meer privaatheid hê en daar sal natuurlik lekker koffie-kuiers plaasvind en koerante gelees word by die nuwe koffiewinkel.

Salomi wil graag dankie sê vir Martin Wolmarans wat met hierdie idee opgekom het en alles gedryf het, asook die gemeenskap vir hul ondersteuning en donasies – hiersonder sou die opknappings nie moontlik gewees het nie.
“Die Alberton gemeenskap gaan in Augustus ekstra trots wees op hul ouetehuis, dit is verseker,” het Salomi met ’n glimlag gesê.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



