Bracken-Blommeklub demonstreer “kussing ontwerp”
Sy het gewys hoe om ‘n romantiese varing rangskikking te maak.
DIE Brackenhurst Blommeklub het op 21 Februarie weer vergader en ’n kreatiewe demonstrasie is deur Connie Scheepers gedoen. Sy het gewys hoe om ’n romantiese varing rangskikking, met die hulp van blommeskuim, oftewel groen kussing, te maak.

Sandra Labuschagne, voorsitter van die klub, het die vergadering begin en daarna het almal ’n koppie tee en varsgebakte vingerhappies geniet. Volgens al die dames is tee drink ’n hoogtepunt van hierdie vergaderings.
Connie Scheepers word toe verwelkom en sy het die demonstrasie begin. Sy het vir die dames ’n paar wenke oor blommerangskikking gegee.

Die tema van dié demonstrasie was “kussing ontwerp”. Agter die tafel het sy ’n romantiese antieke blompot, varing en groen kussing uitgehaal. “Groen kussing is handig vir baie soorte rangskikkings en ’n mens kan baie kreatief daarmee wees,” het sy gesê.
Almal het aandagtig gekyk hoe sy elke takkie op hul plekkie gesit het. Sy het verduidelik wat die beste werk as dit kom by verskillende rangskikkings. En siedaar – uit ’n paar los varingblare wat in groen kussing gedruk is, het ’n rangskikking mooi genoeg vir ’n koninklike paleis ontstaan.
Die demonstrasie het met applous afgesluit. Kreatiewe idees is vir die volgende vergadering gedeel. Dié sal op Woensdag, 18 April, weer eens by NG-kerk Brackenhurst, plaasvind.

As jy belangstel om die vergadering by te woon, of om deel van die Bracken-Blommeklub te word, kontak gerus vir Corrie Raubenheimer op 011 869 2206.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



