Jaco Swart: ’n Hartseer en groot verlies
“Hy het net altyd vriende gemaak waar ookal hy gegaan het – dit was aansteeklik.”
JACO Swart (22) is op 1 Februarie in ’n motorfiets ongeluk oorlede. Sy familie en vriende en baie gemeenskapslede se harte is gebreek, want Jaco was blykbaar ’n man wat ’n groot impak op baie mense se lewe gemaak het.
Dit is veral moeilik vir sy ouers, Erika en Kobus Swart, om hul jongste kind kwyt te wees. Jaco se ouer broer, Renier (33), is ook gebroke.
“Jaco was altyd behulpsaam – hy wou altyd net help,” het Erika gesê. “Hy sou sommer vir enigeiemand ’n lift gegee het in sy bakkie. Hy het elke jaar vir haweloses gesorg en een keer ’n maand vir iemand op straat bederwe gekoop en gegee.
“Almal het hom geken, selfs mense wat langs die pad geloop het. Hulle het sy bakkie herken as hy verby gery het. Hy het net altyd vriende gemaak waar ookal hy gegaan het – dit was aansteeklik. Hy was net ’n amazing, awesome kind.” het sy gesê.
Met meer as 500 mense wat sy begrafnis bygewoon het, is dit nie moeilik om te glo nie. Jaco het as pakhuis bestuurder by Citrashine in Robertsham gewerk, maar was in Generaal Alberts Park woonsaam. Sy baas, George Viviers, gaan hom ook vreeslik mis.
“Voordat Jaco hier begin werk het, was alles ’n bietjie chaoties, maar hy het sommer uit sy eie uit orde geskep,” het George gesê. “Hy was ’n wonderlike mens en werker en ek weet sommer ons sal nie weer iemand soos hy hier hê nie.”

Erika het met sterk emosie gesê dat daar gans te veel jongmense in Alberton die afgelope paar jaar doodgaan en dat dit hartverskeurend is dat so baie ouers hulle kinders verloor. Erika en Kobus weet nie of hulle die dood van hul seun ooit sal kan verwerk nie, maar hulle hoop dat tyd hulle aan die pyn gewoond sal maak.
Hulle wil ook graag vir almal wat liefde, simpatie en ondersteuning wys en gewys het deur hierdie moeilike tyd dankie sê.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



