Realiteitsprogram weer in Alberton geskiet
Deelnemers het geleer dat as ’n mens goed lyk, sal ’n mens ook goed voel.
DIE realiteitsprogram, Verloor Jou Appel, wat binnekort op televisie gaan verskyn en baie soortgelyk is aan die program, The Biggest Loser, is weer eens in Alberton geskiet – hierdie keer by Bodylicious in Meyersdal op 19 Februarie.

Aanbieders van die program, Desiréé Oliphant (van The Diet Clinic) en Paul van den Berg van Ascot Dieët Kliniek is albei van Alberton. In die program is daar twee spanne, span Desiréé en span Paul. Aanvanklik was daar 22 deelnemers in totaal, maar na die sesde episode het aansienlik minder oorgebly.
Lees Ook: Bekende Albertonners gaan realiteitsprogram aanbied
Die tema van dié episode behels skoonheid en selfsorg. Deelnemers is deur Bodylicious met masserings en ander skoonheidsbehandelings bederf. Só het dit deelnemers geleer dat as ’n mens goed lyk, sal ’n mens ook goed voel.
Tina Dos Santos is die eienaar van Bodylicious en het pragtig gelyk, gereed vir kamera aksie. Sy het die deelnemers verwelkom en gesê dat dit vir haar en haar besigheid ’n wonderlike geleentheid is om deel van die episode te wees.

Terwyl almal in spanning gewag het vir die episode om geskiet te word, het hulle drankies en happies by Café Chicago, ’n nabygeleë restaurant, geniet.
Lees: TV-program word in Alberton geskiet
Deelnemers het gedurende die skiet van die episode weer eens kans gekry om vrae te vra, Hierdie keer vrae en wenke oor skoonheid, wat die dames van Bodylicious graag beantwoord het. Hierdie vraag-en-antwoord sessie is deel van elke episode sodat kykers met dieselfde knaende vrae meer insig kan kry.
Kyk Verloor Jou Appel op DSTV Via, kanaal 147. Volg die Verloor Jou Appel blaaie op Facebook, Twitter en LinkedIn vir die warmste nuus. Daar is nog net twee episodes oor totdat die wenner aangekondig word. Maak seker jy stem vir jou gunsteling deelnemer deur sy of haar naam na 32545 te SMS.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



