Wynveiling ’n reuse sukses
Die NG Alberton Wes gemeente het hulle jaarlikse wynveiling vir fondinsameling op 16 Maart gehou.
Die NG Alberton Wes gemeente het hul jaarlikse wynveiling vir hul fondsinsameling op 16 Maart gehou. Die aand vol glans was by Alberante BMW aangebied.
Die veiling het uit 46 lotte, met wyne van oral oor die land, bestaan. Al hierdie wyne was beskikbaar aan die hoogste biëer wie se geld vir die kerk gegee is.
Tydens die veiling het gaste ’n driegang maaltyd geniet.
Daar was ook stimulasie vir die brein met ’n toespraak wat aan die gaste meer inligting verskaf het oor wat in die huidige politiese omgewing gebeur.
Die aand was ’n groot sukses wat nie net vir die gaste plesier gebied het nie, maar ook ’n goeie doel ondersteun het.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



