Local newsNews

GiG uitreik ’n reuse sukses

Danksy die gemeenskap se wonderlike skenkings kon daar saam met die breiwerk ook ander noodsaaklike bederfies geskenk word.

LIGSTAD het onlangs vir die gemeenskap gevra om met wol donasies behulpsaam te wees om die seniors wat weekliks by Ligstad bedien word (die GiG groep – God is Groot) te help om genoeg items vir hulle jaarlikse uitreik te brei.

Die reaksie van die publiek was oorweldigend en het die dames wat gebrei het in staat gestel om 51 serpe, 45 stelle bedsokkies, 55 mussies en twee onderbaadjies te maak. Alida Jooste, maatskaplike werker van Ligstad, noem dat Ligstad die gemeenskap van Alberton en elke stel hande wat gebrei het nie genoeg kan bedank nie.

BAIE DANKIE: Danksy die gemeenskap se skenkings kon al hierdie produkte aan staatspensionarisse geskenk word.

“Bykomend tot die breiwerk is skenkings van persoonlike higiëne items en ander bederfies sowel as genoeg lekkergoed vir 110 lekkergoedpakkies geskenk. Die items is op 10 Mei na die Pioneer Tehuis vir Bejaardes in Vanderbijlpark geneem. Daar is tans 120 staatspensionarisse en 150 ander persone, aan wie kamers verhuur word om fondse te genereer ten einde die tehuis te befonds, in die tuiste woonagtig,” het Alida gesê.

Die bejaardes is bederf met die items wat bymekaargemaak is.

Tydens die oggendtee-geleentheid het Anna Theunissen, wat as vrywilliger aan’t stuur van die GiG groep staan, vir die bejaardes genoem dat hierdie gebaar van omgee en die bring van Jesus se lig en liefde aan hulle in 2016 deur oorlede Cecelia Pfeiffer begin is. Cecelia is Januarie 2017 oorlede en ter nagedagtenis aan haar word hierdie projek jaarliks aangepak.

Peter Rosouw het die seniors vermaak deur twee pragtige liedere vir hulle te sing en niemand het die oggend teruggekeer na hulle kamer sonder ’n gebreide item of twee, ’n bederfie en ’n pakkie lekkers nie.

IETSIE SOET: Noline Lourens, Marie Visagie en Marie Hammond by die lekkergoedpakkies wat hulle kon verpak en skenk. Die drie dames was ook flukse breiers.

“Danksy die gemeenskap van Alberton het Ligstad die voorreg gehad om getuie te wees van ’n ‘vermeerdering-van-brood-ervaring’ wat net tot verdere inspirasie dien vir die werk wat ons by Ligstad doen,” het Alida ten slotte gesê.

READ:

Ligstad sê dankie

Ligstad team excited about weekly services

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button