Wonderwerk-babatjie kort julle hulp
Die fondsinsameling sal om 5nm begin tot 10nm met musikale gaste Danie van der Westhuizen en Ashley.
’N FONDSINSAMELING vir klein Mienke Mulder, ’n baba dogtertjie wat onlangs met breinskade gediagnoseer is nadat sy aan haar melk verstik het, gaan op 30 Junie gehou word. Haar familie reik uit na die gemeenskap om dit te ondersteun.
“Trane van hartseer en pyn het gestroom toe ons Mienke se MRI resultate kry wat bevestig het dat sy erge breinskade opgedoen het, as gevolg van gebrek van suurstof na haar brein toe sy aan haar melk verstik het,” het haar ma Verna vertel.
“Volgens die dokter sal sy vir die res van haar lewe gebreklik wees. Sy sal nooit kan sit, kruip, loop, praat, hoor of sien nie – ons bokkie-oog dogtertjie wat net nou die dag gesit en gelag het.
Mienke is met serebrale verlamming en epilepsie gediagnoseer en was alreeds twee keer daarna weer in intensiewe sorg, beide kere vir omtrent ’n maand, as gevolg van verskeie mediese redes.
“Mienke is nou by die huis en ondergaan verskeie terapie sessies – spraak- en fisioterapie en sy sien gereeld ’n chiropraktisyn. Sy gaan op Vrydae vir bloed plaaitjies en word gereeld in die hiperbariese (hyperbaric) suurstoftenk gesit.
“Sy is in die proses om stamsel oorplanting te ondergaan en is ook op kroniese medisyne. Haar lugweg moet daagliks met ’n suig-masjien skoongesuig word omdat dit vol slym en spoeg vul wat sy nie kan sluk nie. Mienke is ook op spesiale formule melk en kry dit in deur middel van ’n buisie deur haar magie.
“Alhoewel Mienke steeds nie kan sit, kruip of haar eie bottel drink nie, het sy darem al vir ons begin glimlag,” het Verna met hoop in haar stem gesê.

Mienke se fondsinsameling gaan op 30 Junie by Pappa Joe’s in Gerrit Maritz Straat, Alberton Noord, plaasvind. Die partytjie sal om 5nm begin en tot 10nm aanhou met musikale gaste Danie van der Westhuizen en Ashley.
Vir meer inligting, kontak asseblief vir Verna op 083 375 3148.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



