EK het nou regtig gedink as ons ons Sassa pensioen by die poskantoor gaan kry, gaan al die getoustanery tot ’n einde kom, maar helaas was dit ’n groter gesukkel.
Eers moes ons sukkel om ons Sassa kaarte te kry nadat die poskantore vir vier dae van lyn af was – twee weke later het ek my kaart uiteindelik gekry.
Daarna moes ons na Germiston se Sassa kantoor toe gaan en heeldag daar wag, want die mense was heeltyd op fone en net vyf mense was op ’n slag gehelp. Ek is eers 4.30nm daar weg.
Die Vrydag toe ons pensionarisse ons geld sou kry, was die poskantoor weer van lyn af en die geldjies nie inbetaal nie. So het dit die hele oggend gegaan en my senuwees was op want ek het goedjies gehad wat betaal moes word.
Uiteindelik om 2nm is ons bank toe, en daar is ons geld inbetaal na baie gewag en trane van mismoedigheid. Daardie geld is al wat ons het.
Die staat kan glad nie na sy oumense kyk nie. Ek het my toiletware en pille gekoop en dit was klaar R900. Ek moes ’n paar goedjies koop en toe is nog R200 op.
Ek kan nie eers ’n ou koffietjie of ontbyt by Wimpy gaan koop vir ’n bederfie nie – ek moet maar by die huis sit dag in en dag uit. Die ander goedjies wat ek kort, moet ek maar voor skimp by my kinders.
Dis nie net ek wat sukkel nie – ek hoor alewig van pensionarisse wat sukkel met hul Sassa kaarte en om hul geld te kry. Ek hoop dit gaan volgende maand beter gaan en dat die dametjie by die poskantoor nie weer die venster in my gesig sal toemaak as sy nie my vraag kan beantwoord nie.
New Redruth inwoner
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



