Pierre Jacobs het demonstreer hoe om elegante rangskikkings uit swart en wit blomme te maak
Die vergadering het op 20 Junie by die NG Brackenhurst kerksaal plaasgevind.
BLOMMELIEFHEBBERS wat nie ’n deel van die Brackenhurst Blommeklub is nie het op Pierre Jacobs se demonstrasie oor hoe om elegante blommerangskikkings uit swart en wit te maak, uitgemis.
Die vergadering het op 20 Junie by die NG Brackenhurst kerksaal plaasgevind.
Dié vergadering se tema was “Swart en Wit Glans met Blomme”. Hiervolgens het Pierre ’n klomp verskillende demonstrasies gedoen.

Vir elke demonstasie was daar nie net die pragtigste blomme nie, maar ook unieke swart en wit voorwerpe van plantmateriaal om die rangskikking mee op te kikker. Dit was baie indrukwekkend om te aanskou.
Die volgende Blommeklub vergadering sal op 15 Augustus plaasvind. As dit vir jou interessant klink, voel vry om aan te sluit, kontak gerus vir Corrie op 078 387 7931.
*Inligting en foto’s verskaf

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



