Alberton se Braai Mafia mik na The Ultimate Braai Master
ALBERTON se voorste braaipaar, bekend as die Braifia, vertrek op 18 September om aan een van die land se bekendste braaikompetisies deel te neem. Die braai vennote, Borries Bornman en Kagiso Mpinda, het na ’n lang audisieproses hulle plek as een van die spanne in die The Ultimate Braai Master kompetisie los geslaan. Die kompetiesie …
ALBERTON se voorste braaipaar, bekend as die Braifia, vertrek op 18 September om aan een van die land se bekendste braaikompetisies deel te neem.
Die braai vennote, Borries Bornman en Kagiso Mpinda, het na ’n lang audisieproses hulle plek as een van die spanne in die The Ultimate Braai Master kompetisie los geslaan. Die kompetiesie behels potensieel sewe weke se reis na 13 veskillende plekke in die land waar die Braifia teen die ander spanne gaan meeding.
“Ons is opgewonde, maar steeds senuweeagtig,” het Borries, die Braai-father van die Brafia gesê. “Ons weet nie watter uitdagings voorlê nie.”
Tog het die paar nie alles na toeval oorgelaat nie. Hulle het behoorlik hulle huiswerk gedoen en ondersoek ingestel oor wie hulle kompetisie is. Volgens Borries vat hulle enige voordeel wat hulle kan kry, want hulle mik net om te wen. Getrou aan hulle naam van Brafia, ’n kombinasie van die woorde “braai” en “mafia”, beplan die twee ook om te kyk hoe vêr hulle die reëls kan druk.
“Ons wil nie aftrap nie, maar ons is nie verniet die Braai Mafia nie.”
Kagiso, die Brafia se eie Executioner het sy oë reeds op die wen gestel.
“As ons span wen sal ek die eerste swart persoon wees wat The Ultimate Braai Master wen,” sê Kagiso. “Ek dink dit sal baie deure vir my oopmaak om mense te inspireer.”
Kagiso en Borries werk alreeds agt jaar saam en die twee werk goed saam. Borries is volgens die paar die meer innoverende een, terwyl Kagiso eie aan sy titel beter is met die uitvoering.
Opwinding by die twee, asook hulle families, is hoog.
“Net dat ons kan deelneem maak ons klaar wenners,” sê Borries.
Hulle sien die as ’n ongelooflike geleentheid en om pret te hê is vir hulle baie belangrik.
“Natuurlik wil ons wen, dit sal ons die eerste span in Gauteng maak wat wen.”
The Ultimate Braai Master word vanaf 5 Februarie, 2019, op eTV uitgesaai. Volg Alberton se eie Braifia elke week.
Les Ook:
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



