Local newsNews

VLU Sonskyntak vier 80ste verjaarsdag

Dini Jansen het die spreker en musikale kunstenaar vir die dag voorgestel aan die dames. Hulle was Gerrie Jordaan en Franz Geldenhuys.

DIE pienk en groen tafels wat ’n mens verwelkom het, het feestelik gelyk.

Die dames het behoorlik met die viering van die VLU Sonskyntak se 80ste verjaarsdag by die Alberton Aftree-Oord uitgehang, waar talle VLU lede en Damesklub lede teenwoordig was. Dini Jansen, voorsitter van die VLU Sonskyntak, het die dag geopen en almal verwelkom. Sy was baie entoesiasties oor die VLU-tak se 80ste verjaarsdag.

FRANZ GELDENHUYS: Die kunstenaar vir die byeenkoms.

Die spreker en kunstenaar vir die dag was Gerrie Jordaan en Franz Geldenhuys. Gerrie het met die dames, gesels oor die tema van die dag, “Hemel op Aarde” en Franz het hulle met sy koninklike stem en klaviermusiek betower.

Gerrie se boodskap vir die dag was bedoel om die dames te inspireer om die lewe te leef asof dit hemel op aarde is. Dit was ’n pragtige boodskap vol optimisme. Enigiemand kan die hemel beleef as hulle hul eie hemel op aarde skep, met God aan hulle kant.

OULIKE GOED: Die mooiste handgemaakte items was by die klein stalletjie in die saal te koop.

Daar was ook ’n stalletjie wat die mooiste handgemaakte artikels verkoop het.

Na al die verrigtinge het die dames ’n heerlike boeremaaltyd en nagereg geniet. Hierdie was beslis een fees wat nie sommer vergeet sal word nie.

VROULIKE GESPREKKE: Hierdie dames het heerlik met mekaar gesels.
VROULIK: Die organza materiaal en doilies het ’n vroulike element aan die tafels gegee.
GROEN EN PIENK: In die groen en pienk kleurskema het die tafelversierings pragtig gelyk.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button