Local newsNews

Jong sanger vermaak damesklub

Hy het liedjies vanuit die swing en jazz genre gesing, met ’n verstommende, indrukwekkende stem.

DIE Damesklub was aangenaam verras met hul jong kunstenaar by hul onlangse vergadering. Met ’n stem soos Frank Sinatra, het Keegan Roux die dames se harte gesteel.

Voorsitter Martie Marnewick het die vergadering soos normaalweg geopen en nadat die huishoudelike sake afgehandel is, is Keegan aan die dames voorgestel.

“Keegan is tans ’n matriek-leerling van Hoërskool Dr EG Jansen en hy sing graag, al sedert die ouderdom van ses.

ALBERTON SE FRANK SINATRA: Keegan Roux sing sjarmante liedjies vir die dames.

“Keegan het al baie wonderlike prestasies bereik in sang en het al aan talle gesogte sangkuns-kompetisies deelgeneem. Hy het onlangs ook internasionale erkenning gekry en is uitgenooi om Suid-Afrika in ’n internasionale sang-kampioenskap te verteenwoordig.

“Hy hou ook van drama en openbare praatwerk – sommer enigeiets te doen met ’n verhoog,” het Martie gesê.

Keegan het sy optrede begin met ’n paar grappies, voordat hy gesing het. Hy het liedjies vanuit die swing en jazz genre gesing, met ’n verstommende, indrukwekkende stem. Dit was romantiese, sjarmante musiek en dié wat hou van Michael Bublé sou dit veral geniet het.

PRAGTIGE DEKOR: Al die tafels het pragtig gelyk – hier is die kos tafel met die mooiste vars blommerangskikking daarop.

Die volgende vergadering sal op 11 Oktober om 9.30vm vir 10vm in die saal van die Alberton Aftree-Oord plaasvind.

Indien jy belangstel om dit by te woon, of by die Damesklub aan te sluit, kontak gerus vir Dini Jansen op 082 552 4683 of vir Trix van der Walt op 083 449 5446.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button