Local newsNews

Schalk en Altus vermaak manne

Die fondse wat ingesamel was, gaan aangewend word om die skool se infrastruktuur vir leerders, ouers en onderwysers te verbeter.

DIE nou al tradisionele manne-aand van Hoërskool Marais Viljoen wat op 25 September plaasgevind het, was weer ’n reuse sukses.

In teenstelling met vorige manne-aande was daar vanjaar twee kunstenaars op die spyskaart, wat vir dubbel vermaak en kuier gesorg het.

GESELLIG: Van links is Paul Els, (onderwyser), Altus Theart en Helgard Muller (adjunkhoof van Marais Viljoen).

Altus Theart, met sy vertoning van Hoe werk ‘n man se kop en die skerp en raaksê Schalk Bezuidenhout met sy Truitjie roer my nie, het die manne lekker laat lag.

DIT WAS LEKKER: Van die manne tydens die funksie op 25 September.

Daar was ook ’n veiling gehou en het dit ook ’n beduidende bedrag ingebring. Die fondse wat ingesamel was, gaan aangewend word om die skool se infrastruktuur vir leerders, ouers en onderwysers te verbeter.

DIT WAS LEKKER: Van die manne tydens die funksie op 25 September.

“Maar bygesê, die sukses van so ’n aand is net moontlik met die goedhartigheid van die gaste asook borge wat nie skaam is om Marais Viljoen, hul leerders en onderwysers, en daardeur die Alberton gemeenskap te ondersteun nie. Dankie vir die volgehoue ondersteuning,” het Wolfram Zwecker, skakelbeampte van die skool, gesê.

LEKKER SCHALK: Hier is die baie bekende en baie skerp Schalk Bezuidenhout tydens die manne-aand op 25 September.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button