Local newsNews

Emmanuellede geniet Manie Jackson

Daar was oral ’n glimlag.

MANIE Jackson is nou al ’n ou bekende by die Emmanuel-groep en op 20 September was Alberton LewenSentrum se saal stampvol.

Manie sou aanvanklik op 21 Junie by die Emmanuel kerkgroepvergadering opgetree het, maar hy het daardie oggend baie siek gevoel en sy optrede tot September uitgestel.

Daar was ook ’n groot verskeidenheid soet- en southappies vir lede om saam na die optrede te geniet.

MUSIEKKUNSTENAAR: Manie Jackson het sy tyd saam met Emmanuellede geniet.

Marelie Rabie het soos altyd die byeenkoms geopen, almal verwelkom en vir elkeen wat die oggend moontlik gemaak het, bedank.

Manie het 14 van sy grootste treffers gesing en sy optrede het omtrent ’n uur geduur. Dit was ’n samestelling van Afrikaans, country, pop en oldies-musiek.

Die gehoor het dit vreeslik geniet en was nie skaam om saam te sing, hande te klap of te wieg met die musiek nie. Daar was oral ’n glimlag.

EMMANUEL: Emmanuellede saam met Manie Jackson (agter, middel).

Die volgende Emmanuel vergadering sal op 18 Oktober om 10vm by die Alberton LewenSentrum plaasvind. As jy belangstel om dit by te woon, skakel gerus vir Marelie Rabie tydens kantoorure op 011 864 1285 of 082 462 8676.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button