Local newsNews

Gesondheid en serpe by VLU Brackenhurst

VLU-lede het pret gehad hiermee en die kans geniet om iets nuut te leer.

HIERDIE was beslis ’n oggend propvol wenke vir gesondheid en skoonheid met ’n kreatiwe draai vir slim serpwenke.

VLU Brackenhurst-tak het meer geleer oor gesondheid en natuurlike skoonheid met gasspreker Marietjie Shepherd. Lucia Wilson het die dames ook ’n paar serpwenke gegee.

Marietjie is ’n biokinetikus en mede-eienaar van die aanlyn gesondheidsorganisasie, La Ferm. Sy het ’n passie vir gesondheid en oefening en gee gereeld oefen- en fiksheidsklasse. Sy glo ook nie in kitsoplossings as dit kom by goeie gesondheid nie.

Sy het met die dames nuttige wenke vir ’n langer, gesonder lewe gedeel, wat die volgende insluit: kry genoeg diep slaap in, eet gesond en natuurlik, pille maak nie alles reg nie, en dis elke mens se verantwoordelikheid om gesond te wees.

SERPE: Lucia Wilson (regs) wys vir die dames interessante maniere hoe om ’n serp te dra, op Petro Toulson.

Sy het die dames gemaan dat vinnige diete sleg en oneffektief is en om te strek, genoeg suurstof en vitamine in te neem en vars produkte te eet baie belangrik vir langtermyn gesondheid is.

Marietjie vertel verder wat die rol van die limfstelsel is en die belangrikheid om genoeg water te drink en dat mens liewer moet wegbly van alkohol, sigarette en kaffeïne.

Marietjie het ook met die dames ’n paar resepte gedeel, asook gewys hoe om hul arms en bene te masseer om bloedsirkulasie te stimuleer.

Daarna was Lucia Wilson, met serpe in hand, gereed om serpwenke aan die dames te demonstreer.

MASSERING: Marietjie (regs) wys vir die dames hoe om hul arms en bene te masseer om bloedsirkulasie en die limfstelsel te stimuleer

Petro Toulson was Lucia se model op wie sy 12 verskillende maniere gewys het hoe om ’n lapserp te dra. VLU-lede het pret gehad hiermee en die kans geniet om iets nuut te leer oor serpe.

VLU Brackenhurst sal op 7 November hul volgende vergadering hou om 9.30 by die NG Kerk in Brackenhurst. Dit gaan hul “bederf”-byeenkoms wees en gaste wat dit wil bywoon moet R40 betaal.

Indien jy belangstel om dit by te woon, of om by die VLU Brackenhurst-tak aan te sluit, skakel vir Susie du Plooy op 082 465 0044.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button