Een gesellige oggend propvol musiek
Die jong Afrikaanse sanger en kitaarspeler, Abel Knobel, het kom kuier.
DIE Emmanuel kerkgroep is gedurende hul Oktober vergadering deur die jong Afrikaanse sanger en kitaarspeler, Abel Knobel, vermaak.
Abel is het ’n liefde vir Afrikaanse musiek. Hy sing al van ’n jong ouderdom af en toe hy op laerskool was, het hy homself alreeds bewys as ’n talentvolle, musikale kind. Abel was na skool baie bevoorreg en gelukkig in terme van sy musiek loopbaan en het ’n beurs verwerf om by The Institute of Music Excellence te studeer.
Tot vandag toe het Abel baie sukses behaal en met verskeie bekende Afrikaanse musikante te doen gehad, soos, onder andere, Nicholas Louw, Kurt Darren, Jak de Priester en Ray Dylan.
Die liedjies wat Abel by Emmanuel gesing het, het ingesluit: Ring of Fire, What You’re Waiting For, Pampoen, Lied vir Vroue, Sweet Caroline, Rolling on a River en vele meer. Hy het sy optrede met Halleluja afgesluit.
Daarna het almal na die teetafel vir heerlike happies en iets om te drink verdaag.
Die volgende Emmanuel byeenkoms sal op die 15 November by die Alberton LewenSentrum om 9.30vm vir 10vm plaasvind. Die gaskunstenaar sal Rian Ungerer wees. Almal is welkom om dit by te woon, al wat vereis word is ’n bordjie eetgoed wat dien as toegangsfooi.
Om dit by te woon, of om by Emmanuel aan te sluit, kontak gerus vir Marelie Rabie op 011 864 1285 gedurende kantoorure.
*Inligting en foto deur Johan en Hanta Schutte verskaf.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



