Local newsNews

Alberton Damesklub vier Kersfees

Daar was verskeie eregaste en almal het die regte betekenis agter Kersfees saam gevier.

DIE Alberton Damesklub het op 8 November hul afsluitingsvergadering vir die jaar gehou waar hulle verskeie eregaste gehad het en die betekenis agter Kersfees saam gevier het.

Die Alberton Aftree-Oord se saal was pragtig volgens ’n rooi en wit Kersfeestema versier. Die damesklublede het almal baie deftig gelyk. Die eregaste vir die dag was Johan Olivier van Solidariteit Helpende Hand, Ds Deon Louw van NG Kerk Alberton-Wes en Franz Geldenhuys, wie die dames met sy musiektalente betower het.

Die damesklub voorsitter, Martie Marnewick, het die vergadering geopen en almal verwelkom voordat Johan aan die woord gestel is.

KERSFEESGLORIE: Die Aftree-Oord se saal was pragtig in die Kersfees gees versier.

Johan het ’n groot hoeveelheid kositems, wat deur damesklublede ingesamel is, vir Helpende Hand se initiatiewe kom optel. Hy het ook aan almal ’n kortlikse verduideliking van Helpende Hand gegee, hul Christelike grondslag, wat hul missie en visie is, wie hulle help en wat mens kan doen om hulle te ondersteun. (Lees meer oor hierdie organisasie op hul webtuiste, of bel Johan op 083 457 8009 indien jy belangstel om Helpende Hand te ondersteun).

Deon het ’n boodskap oor Kersfees gedeel. Hy het oor die geboortenag van Jesus gesels en hy het die storie van Maria se heilige swangerskap en die belangrikheid van Jesus se geboorte vir die wêreld vertel.

HELPENDE HAND: Johan Olivier het almal meer oor Solidariteit Helpende Hand vertel – wat hulle doen en hoe ’n mens hulle kan help.

“Mag ons altyd besef dat Jesus ons en die wêreld onherroeplik verander het,” het hy in opsomming gesê.

“God hou by Sy woord. Hy is altyd met ons. Ons verlosser het gekom en Hy sal weer kom – Hy het die dood oorwin.”

Nadat Deon met ’n gebed afgesluit het, het Martie hom hartlik bedank. Daarna is Franz aan die woord gestel.

Franz het klavier gespeel en Kersfeesliedjies gesin. Dit was pragtig. Hy het almal met sy magtige stem bekoor. Franz is ook internasionaal bekend en het deur die jare verskeie pryse gewen.

PRAGTIGE MUSIEK: Franz Geldenhuys het die mense met sy kragtige stem en klavier vaardighede betower.

Franz het ook klassieke Kersfeesstories vertel. Hy het ook sy eie getuienis gedeel – hoe die lewe nie altyd vir hom maklik was nie, maar ten spyte van sy stryd met dwelms en haweloosheid, het God hom daaruit gehelp en opgehef tot waar hy vandag is. Vandag vier Franz elke dag Kersfees in sy huis, want dit herinner hom aan die Kerstyd ’n paar jaar gelede toe sy lewe heeltemal verander het.

“Julle moet Kersfees en Paasfees elke dag beleef en waardeer vir wat dit werklik is – genade van God. ‘Let go and let God’,” het hy gesê.

DOMINEE: Ds Deon Louw het ’n baie betekenisvolle Kersfeesboodskap met die Damesklub gedeel.

Martie het hom vir sy kuier, pragtige stories en musiek bedank. Sy het gesê dat dit werklik ’n onvergeetlike optrede was.

Na al die verrigtinge is ’n driegang-maaltyd bedien. Almal het heerlik gesels en die oggend geniet. Die volgende damesklub vergadering sal op 14 Februarie, weer om 10vm by die Aftree-Oord se saal, plaasvind.

Om by te woon, of by die klub aan te sluit, kontak gerus vir Dini Jansen op 082 552 4683 of vir Trix van der Walt op 083 449 5446.

GETUIENIS: Franz Geldenhuys het tussendeur sy liedjies sy persoonlike getuienis, asook ’n paar oulike grappies en stories, met die Damesklub gedeel.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button