Local newsNews

Welkom Alliana, ons Kersfees-baba

“Dit was duidelik ’n seëning dat ons ons toekoms met ons mooie dogtertjie op Kersdag kon begin.”

DIT was ’n Kersfees-wonderwerk toe verloofdes, Jean-Marie van Jaarsveld en Donovan Dednam, op 25 Desember 2018 ouers geword het van ’n baba dogtertjie, Alliana Dednam.

Hoewel sy eintlik op 18 Januarie gebore moes word, het sy besluit om haarself vroeg aan die wêreld voor te stel. Sy was gesond met ’n gewig van 2.6kg met ’n kop vol donker hare.

“Vir ons was dit ’n bietjie van ’n skok dat sy vroeggebore is, maar dit was duidelik ’n seëning dat ons ons toekoms met ons mooie dogtertjie op Kersdag kon begin,” het Donovan met baie liefde in sy stem gesê.

“Vandag kan ons spog met ’n wonderlike, klein, pragtige wonderwerkie – ons dogter, Alliana.”

Alliana se naam is ’n kombinasie van haar twee ouma-grootjies se name, Aletta en Annie, wie altwee ongelukkig hul stryd teen kanker verloor het. Jean-Marie en Donovan het dit goed gedink om vir Aletta en Annie op hierdie manier te vereer.

Na twee aande in die Johannesburg General Hospitaal was Alliana gereed om huis toe te gaan na Alberton, waar haar ouers mekaar ontmoet het, saam skoolgegaan het, verlief geraak het en uiteindelik verloof geraak het.

“Ons sien uit daarna om ons kindjie hier in Alberton groot te maak, waar ek en Jean-Marie mekaar 13 jaar gelede ontmoet het,” het Donovan gesê.

“Ons is ongelooflik opgewonde!”

Veels geluk aan hierdie nuwe gesinnetjie – mag julle herinneringe saam mooi en kosbaar wees.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button