Nuwe Afrikaanse sanger Kabous vermaak Emmanuel
Sommige van die mense het selfs opgestaan en saam begin sokkie.
EMMANUEL het hul eerste maandelikse vergadering vir die jaar op 17 Januarie by die Alberton LewenSentrum gehou en het ’n jolige tyd saam met Kabous Koegelenberg as gaskunstenaar gehad.
Marelie Rabie, leier van die Emmanuel vergaderings, het almal verwelkom, bedank en voorspoed vir 2019 toegewens.
Hierna het Herman Coetser sy gewone plig vervul om te open met gebed en ’n boodskap met die tema, “moenie die negatiewe ‘monstertjies’ in jou lewe voer nie”.
Die vloer is toe oorgegee aan Kabous. Met opgewondenheid en ’n sprankel senuweeagtigheid het hy homself vir die eerste keer aan Emmanuel voorgestel en die gehoor met ’n paar vriendelike grappies vermaak.

Kabous is nog ’n nuweling in die Afrikaanse musiekbedryf, maar hy het ’n oorvloed van talent en potensiaal. Dit was duidelik uit die gehoor se reaksies toe hy gesing en op sy kitaar getokkel het. Sommige van die mense het selfs opgestaan en saam begin sokkie.
Liedjies wat hy gesing en gespeel het, het onder andere dié van Neil Diamond, Creedence Clearwater Revival, Jim Reeves en Bruce Springsteen ingesluit. Hy het ook sy eie unieke liedjies voorgestel, onder andere Wonder, Hartstaal en Katrina.
Die gehoor van meer as 150 mense sien uit na sy volgende kuier by Emmanuel.
Die volgende vergadering sal op 21 Februarie soos altyd by die Alberton LewenSentrum plaasvind. Hierdie keer gaan Angel de Lange kom kuier en sing.

Indien jy dit wil bywoon, of deel van Emmanuel wil word, kontak gerus vir Marelie Rabie op 011 864 1285 of 082 462 8676 tussen 8.30vm en 8.30nm.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



