Local newsNews

Nuut by Ligstad se speelgroepie

Ligstad verwelkom 'n nuwe bestuurder.

SOOS oral, het 2019 by Ligstad op ’n drafstap begin en word daar uitgesien na ’n jaar propvol dienslewering aan die gemeenskap van Alberton.

Deel van die opwinding is die ontvangs van Marné Barnard wat by die Ligstadspan aangesluit het in Januarie as bestuurder vir opvoedkundige programme, met die spesifieke verantwoordelikheid om Ligstad se speelgroepie te bestuur.

Sy het soos ’n vars briesie by Ligstad ingewaai en ’n paar oulike inisiatiewe het al in die paar weke wat sy deel van die span is die lig gesien.

Marné stel haarself as volg voor aan die gemeenskap:

“Dis vir my ’n groot eer om deel te wees van Ligstad. Ek wil ’n verskil in elke leerder se lewe maak. My mikpunt is dat elke leerder sy of haar talente sal uitleef en sal woeker daarin. Ek wil positiwiteit voortbring en laat voortbestaan by Ligstad en vir elke personeellid ’n positiewe voorbeeld wees.

“Hier by Ligstad maak elke kind saak en elke kind se belange word op die hart gedra. Ek glo en vertrou dat ek al my kennis en ondervinding sal toepas op elke leerder.

“Ons visie hier by Ligstad is om ’n baken van lig en hoop te wees in Christus en Jesus se hande en voete te wees deur pro-aktiewe ontwikkeling van die gemeenskap. Ligstad leef ook voort op ons Bybelvers: Julle is die lig vir die wêreld. ’n stad wat op ’n berg lê kan nie weggesteek word nie – Matteus 5:14.

“Ek waardeer die ondersteuning van elke personeellid en ouer en voel klaar baie tuis. Ek sien uit daarna om elke ouer en leerder beter te leer ken en om ’n toekoms saam te bou en Ligstad se naam hoog the hou sodat ons ’n lig sal wees vir almal,” het Marné gesê.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button