Local newsNews

VLU vergadering loop goed af

Vroue leer meer oor die kuns van bonsai.

BRACKENHURST se VLU-jaar het op ’n uiters interessante noot op Januarie 23 afgeskop.

Na afhandeling van die gewone taksake, verwelkoming, lief en leed en nuwe sake om van kennis te neem, stap die vroue almal ’n klein entjie af in die straat na die huis van Rosa van der Spuy waar haar man, Ryno, met die vroue oor die kuns van Bonsai gesels het.

Ryno is ’n ingenieur en entoesiastiese lid van ’n bonsai-vereniging. Hy het oor die verskillende soorte bonsaibome, die versorging daarvan, faktore om in ag te neem, hoe mens ’n geskikte houer kies, vorm en struktuur gepraat. Hy het ook die lede stap-vir-stap gewys hoe om die grond vir ’n nuwe bonsaiboompie voor te berei.

“Ek kies ’n geskikte houer/pot vir die spesifieke boom wat ek gaan plant, hoe ek die boom gereed kry en uiteindelik plant,” het Ryno gesê.

LEERSAAM: Ryno van der Spuy berei die grond vir die bonsaiboompie voor, met Miemie Hewitt in die agtergrond.

Dames kon sy versameling bonsaibome van piepklein tot redelik groot bewonder. Nadat hulle meer van bonsaibome geleer het, het hulle na die NG Brackenhurst Kerk teruggekeer om lekker te eet en gesellig saam te kuier.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button