Local newsNews

Helpende Hand bederf bejaardes met Kerspartytjie

'n Onlangse Kerspartytjie was vir die bejaarde inwoners gehou.

Solidariteit Helpende Hand se Alberton-tak het onlangs ’n Kerspartytjie vir die bejaarde inwoners van Die Anker Ouetehuis in Germiston-Suid gehou.

Helpende Hand pak verskeie projekte aan om in bejaardes se behoeftes oor die breë spektrum te voorsien, hetsy dit armoedeverligting en –ondersteuning of emosionele welstand is.

Die bejaardes is bederf met ’n program van die kunstenaars Heinrich en Anzelle Kamffer.

Die inwoners het ook elkeen tuisgebakte koekies as geskenk ontvang. Hulle is verder bederf met bonusgeskenke wat deur ’n speletjie uitgedeel is. Die kunstenaars het self ook bygedra en vir elke bejaarde ’n sjokolade gegee.

Die hoogtepunt van die geleentheid was toe die oudste inwoner, Joy Meades (91), met ’n spesiale hoed en geskenkie vir haar lewenslustigheid vereer is.

Om by Helpende Hand se Ouma- en Oupaprojek betrokke te raak, SMS die woord “omgee” na 38969 en skenk so R10 vir die Bejaardefonds.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button