GalleriesLocal newsNewsNews galleries

[GALLERY + VIDEOS]: Camacho-gesin het dringend hulp nodig na hulle alles in huisbrand verloor

“Ons het gestaan en kyk hoe alles wat ons besit brand.”

BINNE ’n oogwink het die Camacho-gesin alles wat hulle besit in ’n huisbrand verloor.

Dié gesin van drie, wat op die ou Vereenigingpad bly, het op 16 Maart om 5.25vm wakker geskrik en gesien dat hulle huis besig is om te brand.

Tyron Camacho (50) het spoedig sy ma, Sparky (81), en suster, Veronica (50), tot veiligheid gebring voordat hy die 30 honde en 25 katte gehelp het.

“Ongelukkig was ons te laat om een van ons honde te red. Ons het ook die vlamme so ver as moontlik probeer blus, maar die vuur was te sterk vir ons,” het Tyron gesê.

“Ons het gestaan en toekyk hoe die vuur alles wat ons besit vernietig,” het hy gesê.

Gelukkig het niemand beserings opgedoen nie.

Tans bly Tyron en Veronica onder ’n afdak wat nie afgebrand het nie om na die diere om te sien terwyl Sparky tydelik by familielede bly.

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Huis vir baie diere

“Ouma Sparky kyk al vir jare na al die huislose diere wat weggegooi word. Sommer hier naby hulle huis. Sy, Tyron en Veronica sit geld saam om die diere te versorg,” het ’n familielid gesê.

Sparky bly al vir byna 30 jaar in die omgewing en help graag diere omdat hulle haar so na aan die hart lê.

Zuerina Venter, een van die bestuurders van Animal Protection Network (APN), het ook ‘n draai by Sparky gaan maak om te kyk hoe die nie-winsgewende organisasie kan help.

Zuerina het ook kos vir die honde en katte gegee.

“Ek was self daar en die diere is baie goed versorg. Meeste van die diere is gered. ‘n Mens kan ook sien dat Sparky baie lief is vir haar diere,” het Zuerina gesê.

Sy het ook gesê dat sy sover as moontlik sal probeer help, namens APN.

https://www.facebook.com/SouthernCourierSA/videos/2599437690128184/

Hoe die gemeenskap kan help?

Zuerina het op sosiale media namens APN ’n versoek gerig vir kos vir die diere of enige ander donasie wat dan by die Brackenhurst Veterinary Clinic te 60 Hennie Albertsstraat afgelaai kan word.

Verder het die gesin vir hulp met klere donasies, kos, hondekos, katkos, beddegoed, kombuisgereedskap, beddens en meubels gevra.

“As daar iemand is wat ons dalk kan help om die huis te herstel sal dit ook baie help. Tweedehandse boumateriaal sal ook baie waardeer word,” het Tyron gesê.

Mens wat kan help kan Tyron op 076 541 5451 skakel.

“Baie dankie aan ieder en elk wat ons al gehelp het,” het die gesin gesê.

GALLERY:

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button