Local newsNews

Emmanuel vier hul verjaarsdag saam met Jason Bradley

Die kersie op die koek was die dag se gaskunstenaar, Jason Bradley.

’N VROLIKE en opgewonde gees het op 14 Maart in die Alberton LewenSentrum geheers met die viering van Emmanuel se 15de verjaardag met gaskunstenaar, Jason Bradley.

Die tafels was pragtig versier met ballonne en blomme om die verjaardaggees aan te wakker. Daar was ’n heerlike verjaardagkoek en elke gas kon ’n stukkie daarvan geniet.

“Dankie aan Mariana en haar span wat dit moontlik gemaak het,” het Marelie Rabie, die voorsitter van Emmanuel, gesê.

Die kersie op die koek was die dag se gaskunstenaar, Jason Bradley. Hy was al menigte kere voorheen by Emmanuel en elke keer is sy musiek en talent deur Emmanuel-lede geniet en gekoester.

Jason is ’n man van welbekendheid in die country-musiekwêreld en hy het weereens die gehoor op hul voete gehad.

Gaste het heerlik gekuier met verversings en tee voordat Emmanuel se 15de verjaarsdag byeenkoms tot ’n gesellige einde gekom het. Dit was nou een vir die boeke.

Die volgende Emmanuel-byeenkoms sal op 25 April by die Alberton LewenSentrum vanaf 10vm plaasvind. Vir verdere inligting, kontak gerus vir Marelie Rabie gedurende kantoor ure by 011 864 1285.

*Berig en foto verskaf deur Johan Schutte.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button