Local newsNews

Lede geniet VLU konferensie

Vir meer inligting oor die Brackenhurst VLU-tak, kontak Hannetjie Nolte, skakelbeampte, op 072 205 0194.

SESTIEN lede van Brackenhurst se VLU-tak het die 2019 Konferensie van die Vroue Landbou-Unie bygewoon.

Vyftien lede het aan die kompetisies onder die verskillende kategorieë deelgeneem en 29 artikels uit die tak is vir die onderskeie kompetisies ingeskryf. Brackenhurst behaal ’n vyfde plek met 2 204 punte.

Daphne Taljaard verower die trofee vir hoogste punte op die konferensie vir blomme. Mara Scholtz verower ’n trofee vir wenner van die gevorderde afdeling en sy het nog ’n troffee vir die mees entoesiastiese lid gekry. Rina Viljoen deel die trofee vir hoogste punte vir ’n kongresartikel met Gerda Henning van Visarende-tak.

Brackenhurst-tak het ook drie eerste plekke behaal en verskeie tweede en derde plekke.

ARTIKEL: Mara Scholtz se “Jolyt in die Maanlig” besorg haar ook eerste plek in die gevorderde afdeling.

Rina Viljoen, Petro Toulson, Brenda van Zyl, Susie du Plooy en Barbara Steenkamp se konferensie artikels het vir deelname aan Kongres 2019 wat nog gaan plaasvind, gekwalifiseer. Mara Scholtz het ook namens Suikerbostak ‘n pragtige uitbeelding van die jaar se tema “90 jaar se sukses – nou 90 jaar se uitdaging” in die kerk gedoen. Ina Booyse, president van die Overvaal Provinsie, het die amptelike opening waargeneem. Sy noem dat VLU die afgelope 90 jaar ‘n plek gebied het aan vroue om te ‘behoort’ en dit is nou die uitdaging vir 90 jaar vorentoe. Die blommerangskikking deur Mara Scholtz voor in die kerk, beeld dan ook die 90 jaar se sukses – en nou 90 jaar se uitdaging pragtig uit. Sy het onder andere 90 rose gebruik vir die besondere rangskikking Hierna het Franz Geldenhuys, gasspreker en kunstenaar ons vermaak met klavierspel en sang en die lagspiere geprikkel met sy slim stories. Brackenhurst se geliefde Mienie Hewitt was een van die gelukkige wenners van die kruideniersmandjie. Verder het die dame gesellig saam gekuier by die konferensie.

Vir meer inligting oor die Brackenhurst VLU-tak, kontak Hannetjie Nolte, skakelbeampte, op 072 205 0194.

GELUK: Uitstaande prestasie vir Mabel Pretorius wat met haar eerste deelname derde plek verower vir haar blomme in die beginners afdeling.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button