GALLERY: Ons Winkel in Alberton amptelik oop vir besigheid
Nuwe liefdadigheidswinkel maak sy deure oop.
ONS Winkels, ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand, het vandeesweek ’n mylpaal behaal met die 40ste skenkingswinkel wat sy deure oopgemaak het sedert die inisiatief byna ’n dekade gelede begin is.
Alet Robbeson, Helpende Hand se operasionele bestuurder van die Ons Winkels, het Donderdag gesê Helpende Hand se eerste skenkingswinkel is in 2010 in Centurion oopgemaak en het gedien as ’n plek waar die publiek tweedehandse items of goedere wat hulle nie gebruik nie vir liefdadigheid kon skenk.
“Die inisiatief was so gewild en skenkingswinkels het daarna in dorpe in al die provinsies oopgemaak. In 2016 is die skenkingswinkels onder een vaandel geplaas en het dit onder die naam Ons Winkels begin handel dryf,” het Alet gesê.
Die 40ste Ons Winkel het Woensdag amptelik sy deure by Garfieldweg 38, Alrode, in Alberton oopgemaak. Die egpaar Frans en Deirdre Burger is aan die stuur van sake by dié Ons Winkel.
“Dit is sowaar ’n voorreg om deel te kan wees van hierdie inisiatief van Helpende Hand. Ek en my vrou hoop ons klein aandeeltjie hieraan kan daarin slaag om by te dra tot die groter doel waarvoor Helpende Hand staan, om sodoende ’n reuse verskil in die land te maak,” het Frans tydens die opening van die winkel gesê.
Enigiets kan by die Ons Winkels afgegee word – van klere, meubels, oudhede, kombuisware, klere, beddegoed, gordyne, speelgoed, skoene, sportstoerusting en tegnologiese ware of enigiets anders wat in die pad staan.
Ons Winkels neem hierdie goedere en omskep dit in geld wat onder meer vir Helpende Hand se studiefonds benut word. Helpende Hand se studiefonds bied rentevrye studielenings aan behoeftige studente wat kwalifiseer om verder te gaan studeer, maar nie die nodige fondse het om dit te doen nie.
Die opbrengste word ook aangewend vir verskeie ander projekte van Helpende Hand wat poog om Afrikaner-armoede te verlig, te verbreek en te voorkom. Ons Winkels dien ook as werkskepping vir die persone wat die winkel bestuur en vir personeel wat in die winkels werk.
Vir meer inligting of om ’n skenking te maak, bel vir Frans Burger 072 690 2030 of Johan Olivier 083 457 8009.
*Inligting verskaf deur Solidariteit Helpende Hand
GALLERY:
LEES OOK:
GALLERY: No more picnics at Alberton Dam
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup






