Local newsNews

Dames spog met kunswerke

Skakel gerus vir Hannetjie Nolte, die skakelbeampte, by 072 205 0194 vir enige navrae.

TALENTVOLLE dames het die geleentheid gehad om met hul handewerk te spog tydens die VLU Brackenhurst se maandelikse vergadering op 3 April.

Lede se handewerk is uitgestal en dit het ’n agtergrond van kuns en talent geskep. Verbasing en komplimente het weer baie van die dames se kunssin aangewakker en ook ander aangespoor om hul talent te ontgin.

Gedurende die vergadering is krediet gegee aan lede vir deelname en uitstaande prestasie behaal tydens die konferensie in Maart. Sewe artikels deur vyf lede kwalifiseer vir die kongres waartydens die vyf streke teen mekaar sal meeding.

HEERLIK: Barbara van Jaarsveld het die dames gewys hoe om ’n roomyskoek te versier.

Lede was ook verras met ’n puik demonstrasie van roomyskoekversiering aangebied deur Barbara van Jaarsveld. Dié koek word versier ter ere van Machdel Scholtz wat onlangs verjaar het en vorm toe ook deel van die verversings wat agterna bedien is.

VLU Brackenhurst rig ’n uitnodiging aan dames om by hulle te kom kuier en die dag saam met hulle te geniet. Skakel gerus vir Hannetjie Nolte, die skakelbeampte, by 072 205 0194 vir enige navrae.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button