Local newsNews

Steyntjies dring deur na finale ronde

Sing in Harmonie is tans die grootste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika, gemeet aan TV blootstelling, pryspakette en aantal inskrywings.

LAERSKOOL President Steyn se junior-en senior koor, onder leiding van Luzelle van Zyl en Abigail Coetzee, is deur na die finale ronde van Sing in Harmonie wat op 9 Oktober gaan plaasvind.

Die junior koor wat uit 80 leerders bestaan en die senior koor wat uit omtrent 140 leerders bestaan het beide ’n trofee ontvang. “Baie dankie vir die koorafrigters en leerders se harde werk en getroue bywoning van oefeninge. Ons Steyne is voorwaar baie trots op hierdie prestasie, want dit was ons eerste keer wat ons aan Sing in Harmonie deelgeneem het en die kore het ons almal aan die brand gesing,” het een van die ouers gesê.

Die junior koorgroep in aksie tydens die eerste ronde van Sing in Harmonie.

Sing in Harmonie is tans die grootste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika, gemeet aan TV-blootstelling, pryspakette en aantal inskrywings. Sing in harmonie is die eerste skole-koorkompetisie in sy soort wat vir skole regoor Suid-Afrika die kans bied om op nasionale TV hul merk te maak en in die proses hul deel in R50 000 in pryse los te slaan.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button