Cantare samel fondse in met Musiekpret
Die aand was gevul met goeie musiek en vriendelike kompetisie.
OM fondse in the samel vir die Cantare Kinderkoor het hulle ’n Musiekpret-aand op 8 Junie gehou.
Spanne het teen mekaar deelgeneem om te sien wie het die beste musiekkennis.
Jaco Dixon, die omroeper op die aand, het liedjies gespeel en die eerste span wat hulle knoppie druk het die geleentheid gekry om die liedjie en die kunstenaar te identifiseer.
Dié alles was gedoen met hope pret en soms ’n boete vir die wat nie genoeg hulle geluk vier nie. Al die boetes en fondse wat ingesamel is gaan na die Cantare Kinderkoor toe.





