Local newsNews

‘Kom Gee vir my polfyntjies’

Kom gee lig in behoeftiges se lewens.

‘KOM gee vir my polfyntjies’ is ’n projek wat uitreik na behoeftige mense van Alberton en die suide van Johannesburg.

Cantare Kinderkoor en Coert Grobbelaar neem vanjaar hande met kerke in Alberton deur ‘Kom gee vir my polfyntjies’ met internasionaal-bekende koloratuur-sopraan Anina Wasserman en Leon Ludick as gaskunstenaars aan te bied.

Anina is bekend vir haar vertolkings en optredes in operas, oratoria, en operettes.

Die gemeenskap word gevra om nie-bederfbare kosprodukte en toiletware, wat aan die mees behoeftiges versprei sal word, as deel van hul toegang te bring.

Om kinders bewus te maak van die nood om hulle, word hulle gevra om ’n toegedraaide geskenk vir ’n kind van dieselfde ouderdom en geslag soos hulleself, saam te bring.

Hierdie geskenke sal in Desember aan behoeftige kinders wat geen ander geskenk vir die feestyd sal ontvang nie, uitgedeel word.

Die bekende Anina Wasserman.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leesboeke wat nie meer gebruik word nie, word ook vanjaar vir gevangenisse ingesamel. Dié word dwarsoor die land versprei om biblioteke in die gevangenisse te help ontwikkel. Alle leesboeke is welkom.

Vanjaar word ‘Kom gee vir my polfyntjies’ op 28 Julie om 3nm by die NG Kerk Alberton-Suid aangebied.

Toegangsfooi is R50 per persoon.

Cantare Kinderkoor en Coert doen ’n beroep op die publiek om hierdie projek te ondersteun ten einde dit ’n groot sukses te maak. Vir meer inligting, skakel 011 908 5616.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button