MET Afrikaanse skrywer van grillerboeke vir kinders, De Wet Hugo, by Alberton skole, het die RECORD leerders gevra wat hulle lees en hoekom hulle van lees hou.
LEBOHANG MALEKE: “Ek hou van boeke oor die natuur. Boeke gee vir my toegang tot ’n taal sodat ek kan leer hoe om dit te praat.”
JEAN MARIE BOTHA: “Ek hou van boeke waar iets gebeur en daar vorm ’n raaisel wat jy moet uitvind. My liefde vir boeke het begin toe ek klein was en ek het saam met my ouma gelees.”
ELANZÉ KÜHN: “Ek lees boeke oor wetenskap. Ek sal veel eerdeer ’n boek lees as voor ’n skerm sit.”
DENÉ PIETERSE: “Ek lees boeke met moorde in waar jy moet uitvind wie dit gedoen het. Boeke laat jou jou eie wêreld skep waaraan niemand kan raak nie.”
LOGAN VAN DER MERWE: “Ek verkies avontuurfiksie en wetenskapsfiksie. Ek lees, want jy kan self die karakters vorm.”
CHRISTIANO ADOLPH: “Ek lees, want dit help met my kreatiwitiet. Ek dink lees maak my slimmer.”
LEANDRÉ STEENKAMP: “Ek lees van kleins af boeke met avontuur. DIt laat my met die karakters identifiseer.”
MARNA POTGIETER: “Ek hou van Engelse fantasieboeke. Boeke vat jou na ’n ander wêreld.”
ZELNA VAN ZYL: “Ek lees enige dik boek. Mens leer iets uit ’n boek uit.”
NATHAN BAILEY: “Ek hou van grappieboeke, want ek wil dit vir my vriende vertel en hulle laat lag. Boeke help my om meer woorde te ken en slim te klink.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!