Local newsNews

KYK: Rillerboekskrywer besoek Alberton

AFRIKAANSE rillerboek vir kinders skrywer De Wet Hugo het verskeie skole in en om Alberton besoek op 11 Julie. Die doel van sy besoeke was om die kinders bekend te stel aan sy reeks, Grilgrypers, en om veral sy nuwe boek, Die Meisie in die Maanlig, te bemark. De Wet skryf reeds van 2012 af …

AFRIKAANSE rillerboek vir kinders skrywer De Wet Hugo het verskeie skole in en om Alberton besoek op 11 Julie.

Die doel van sy besoeke was om die kinders bekend te stel aan sy reeks, Grilgrypers, en om veral sy nuwe boek, Die Meisie in die Maanlig, te bemark.

De Wet skryf reeds van 2012 af en is ’n onderwyser in Saoedi-Arabië.

Hy het ’n liefde vir kinders en geniet sy werk as onderwyser.

Die RECORD het De Wet gevra hoe hy sy werk en skryf balanseer.

“Dis maar baie moeilik om voltyds skool te hou en te skryf,” het De Wet gesê.

“Veral omdat onderwys soveel van ’n onderwyser na-ure verg. Ek vind dit moeilik om aan die gang te kom, maar as die storie eers op dreef is, werk ek fluks.”

De Wet trek baie van sy inspirasie vir sy boeke vanuit sy eie belewenisse.

“Die idee vir Grilgrypers 2: Web van die Mummie het byvoorbeeld by my opgekom toe ek ’n grot bo in ’n berg op die Spaanse eiland, Mallorca, gesien het.”

Sy liefde vir die riller genre lê in die misterie, spanning en die skokelemente van ’n grilstorie.

Die kinders het vele vrae vir De Wet gehad.

Een het gevra wat hom die meeste bang maak en hy het geantwoord dat dit die idee is om in ’n regte egte spookhuis te moet woon.

Toe hulle vra hoe lank dit hom vat om te skryf, het hy gebieg dat dit wissel.

“My eerste boek, Die Vloek van Vreesbaai, het ek binne twee weke heeltemal klaar geskryf,” vertel De Wet.

Hy sê dat Die Meisie in die Maanlig die langste geneem het om te skryf, omdat die manuskrip omtrent drie keer verander het, insluitend ’n hele nuwe tema.

De Wet se groot droom is dat sy reeks in ander tale sal vertaal word, sodat kinders oral oor die wêreld dit sal kan lees.

KYK:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button