Local newsNews

Oorlede maar nooit vergeet nie

'n Jong meisie is in 'n motorongeluk oorlede, maar sy sal nooit deur vriende en familie vergeet word nie.

‘N HARTSEER familie van Alberton treur oor ‘n dogter se dood in ‘n frats kop-aan-kop-botsing naby Ladysmith op Saterdag-oggend 4 Januarie.

Die bestuurder van die ander voertuig is ook tragies oorlede in die ongeluk.

Nea is as baba van sewe weke ‘n tweede kans op lewe gegun nadat sy ‘n operasie moes ondergaan vir haar pilorisklep. Dit het haar nie teruggehou om voluit te lewe nie. Sy het ‘n paar keer Guateng gimnastiekkleure verwerf en het baie goed gevaar in tuimel, waarin sy as afrigter en beoordelaar opgetree het.

Sy het skoolgegaan by Dinamika Hoërskool en in 2010 gematrikuleer. In 2011 het sy ‘n jaar by die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV) gewerk waar sy sowat 15 sertifikate in verskillende dissiplines verwerf het.

“Sy was baie aktief in die ATKV and was baie lief vir wat sy gedoen het. Dit het haar standvastigheid geleer en sy het goeie keuses daar gemaak.

“Die bok wat teen ons muur is, is deur Nea in haar tyd by die ATKV geskiet. Sy het die seuns goed opgedreun en was eerste saam met ‘n ander seun,” onthou haar pa, Nico Fourie.

Nea was besig om haar BA Honeursgraad in Binnenshuise Versiering aan die Greenside Design Centre te studeer. Volgens haar pa was sy baie doelgerig en gefokus. “Sy het soveel van haar lewe vooruit beplan en goeie werk gedoen,” sê Nico.

Haar ander belangstellingse was boogskiet, skubaduik, jag, dans en fliek. Sy was ook mal oor die buitelewe en lief vir die natuur.

Haar gunsteling motor was ‘n Audi R8, ‘n voertuig waarin sy matriekafskeid toe is. Sy en haar ma, Joan Fourie, was beste vriendinne.

Nea het ‘n jonger suster, Janae Fourie (11), wie vir Nea ‘n herinneringhoekie in hul ouerhuis begin het waar wat al haar suster se gunsteling goedjies uitgestal word.

“Ons onthou vir Nea as iemand wat altyd geglimlag het!

“Ons harte en gebede gaan ook uit na die Goosen- en Nortje-gesinne en ons wil almal bedank vir die ongelooflike ondersteuning in hierdie uiters moeilike tyd,” sluit Nico af.

Die Fourie-gesin sê ook dankie aan almal in die gemeenskap wat hulle bygestaan het met woorde van hoop, kos, briewe en wense.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

One Comment

  1. Baie dankie aan die Alberton Record vir hierdie pragtig boodskappie en foto’s van my dogter Nea Fourie.

    Liefies

    Joan (Nea se mami)

 
Back to top button