Randhart spog met elf Goue Leeus
Elf seuns van Laerskool Randhart is opgeneem in die Goue Leeus spanne.
LAERSKOOL Randhart se rugbyseuns het gewys hulle is uitblinkers, met 11 seuns wat opgeneem is in die Goue Leeus spanne.
Cayden Ramage het die o-13 XV gehaal en Darius Haasbroek, Dian Scheepers en Emil Ross is deel van die o-13C-span.
Ty Axe en Jaron Geldenhuis het die o-12A-span gehaal, Ethan Weideman en Dian Knoetze die o-12B-span, en Raynhardt Kruger, Alex Pienaar en Ethan Taljaard die o-12C-span.
“Elkeen het hulle harte uit gespeel die vakansie en het die Ranties trots gemaak,” het Michael Boucher namens die skool gesê.



