Local newsNewsSchools

KYK: Randhart o-12A-netbalspan SA kampioene

Randhart se o-12A-netbalspan het Laerskool Hennopspark in die finaal oorwin om SA kampioene bekroon te word.

OP 27 Julie is Laerskool Randhart se o-12A-netbalspan as SA kampioene aangewys.

Na twee dae se strawwe kompetisie teen top skole van regoor Suid-Afrika, het die span in die finaal teen Laerskool Hennopspark te staan gekom. Die dogters was op hulle senuwees oor die stryd, want hulle het geweet die finaal sal ’n moeilike wedstryd wees.

Teen half tyd was dinge nie soos die span dit beplan het nie en het hulle agter geloop. Hulle het egter as ‘n span saamgekom en met nuwe vuur die tweede helfte aangepak om uiteindelik 19-17 as wenners bekroon te word.

Laerskool Randhart wens die dogters baie geluk met hulle prestasie.

KYK:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button