Local newsNews

Lee Magnum vermaak by Emmanuel

“Wat ’n heerlike oggend,” het Hanta Schutte gesê.

EMMANUEL was alweer bederf met Lee Magnum wat hulle kom verras het met sy cowboy hoed en kitaar.

“Wat ’n heerlike oggend,” het Hanta Schutte gesê.

“Hy het ’n spesiale lied gesing om ons almal welkom te heet en hy het ’n storie te vertel van amper elke lied wat hy gesing het.

“Die mense het dit baie geniet. Daar het ’n vrolike atmosfeer geheers. Hande is geklap en daar is lekker gelag.”

Na Lee se laaste lied vir die dag het almal ’n ietsie te ete gekry en dit geniet met tee en koffie.

Die volgende Emmanuel byeenkoms sal op 19 September plaasvind waartydens Manie Jackson sal optree.

Toegang vir die dag is net ’n bordjie eetgoed. Vir meer besonderhede skakel gerus vir Marelie Rabie by 011 864 1285 gedurende kantoorure.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button