Local newsNewsSchools

Hoërskool Alberton leerders voltooi trauma program

Verder het die leerders geleer hoe om uistekende luisteraars te wees en hoe om ’n veilige spasie vir ander te skep.

SES leerders van Hoërskool Alberton het die Community Self-Care Demonstration Programme, aangebied deur Ligstad, op 5 September voltooi.

Die program, aangebied deur Ansie Joubert, Alida Jooste en Lana Veldhuizen, bestaan uit sewe stappe wat deelnemers geleer het oor hoe trauma mens se gedagtes en ligaam, sowel as hul gemeenskap, beïnvloed.

Verder het die leerders geleer hoe om uistekende luisteraars te wees en hoe om ’n veilige spasie vir ander te skep.

Die program was aangebied in samewerking met Andicare en die kostes is gedek danksy ’n borg van Ligstad.

“Die leerders was uistekende deelnemers wat onmiddellik die beginsels van die program gesnap het en ontwikkel het in uitstekende luisteraars,” het Alida gesê.

“Hulle almal het aangedui dat hulle baie graag binne die gemeenskap as gemeenskapluisteraars binne die Soul Workers program wil diens doen.”

Daar word beplan om die program jaarliks aan te bied en Ligstad sal graag ander hoërskole in Alberton wil uitnooi om met hulle kontak te maak om deel te word van die program.

Indien iemand belangstel kan hulle gerus Alida Jooste kontak by 079 693 3666 of 011 907 0517 en hulle kan ’n e-pos stuur na alida.jooste@ligstad .co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button