Local newsNews

GALLERY: Paartjie deel meer as sewe sakke sout

Mens moet vasbyt, die lewe gee vir jou genoeg probleme, mens moet leer om deur dinge te werk, vinnig te vergewe en te vergeet.

BLURB: Na 50 gelukkige jare is hulle raad aan jong getroudes om dinge uit te werk en vinnig te vergewe en vergeet.

ALBERTON inwoners Santie en Tom Palvie het op 4 Oktober hulle 50ste huweliksherdenking gevier.

Hulle het ook hulle trou beloftes aan mekaar hernu.

Santie was maar 12 toe sy Tom, toe 18, ontmoet het.

Hulle het verloof geraak toe Santie 16 geword het en is op die ouderdomme van 18 en 23 getroud.

Santie vertel dat Tom altyd haar droom man was. In haar woorde was sy van jongs af opsoek na “tall, dark and handsome, met bruin hare en kuiltjies”, en dit is presies wat sy gekry het, en meer.

Meer as sewe sakke sout

Santie en Tom het in 50 jaar al vele sakke sout opgeëet, maar het gesê die moeilike dinge in die lewe het hulle net nader aan mekaar gebring.

Van hulle drie kinders is hulle jongste seun op die ouderdom van 33 oorlede.

Hulle dogter is 49 en hulle oorlewende seun is 45.

Santie het gesê dit was ook ’n moeilike ding om aan gewoond te raak toe al die kinders uit die huis uit is.

Hulle het toe op ’n latere stadium nog ’n kind aangeneem, wat nou in Middelburg bly.

Santie en Tom vertel dat hulle mekaar soms misverstaan het, maar het geleer om dinge so gou moontlik uit te praat.

“Mens moet vasbyt, die lewe gee vir jou genoeg probleme. Mens moet leer om dinge uit te werk, vinnig te vergewe en te vergeet,” het Santie gesê.

Verder het Tom bygevoeg dat kommunikasie ongelooflik belangrik is en die verhouding oor gee en ontvang gaan.

Deesdae bederf Tom vir Santie met lekker aandetes en Santie ruim na die tyd op. Sy sê sy eet te lekker.

Hulle bly gelukkig saam in die Alberton Aftree-oord en sien uit na nog baie jare saam.

VIEW GALLERY:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button