Ontbyt saam met professor Stephan Joubert
Die tema van die oggend is ‘Vier fees, ten spyte van vandag’.
Kom geniet ’n gesellige ontbyt saam met die welbekende professor Stephan Joubert op 2 November om 8.30vm vir 9vm.
Die geselligheid vind plaas in die kerksaal, Alberton Oos Gemeente, op die hoek van Bergh- en Jan Coetzeeweg.
Die tema van die oggend is ‘Vier fees, ten spyte van vandag’.
Kaartjies is teen R150 per persoon by die kerkkantoor of Elize Bronkhorst (082 873 6650) beskikbaar.
Vooraf besprekings is belangrik, aangesien daar net plek vir 200 gaste is.
Moenie hierdie inspirerende spreker misloop nie.



