Local newsNews

Jannie Moolman vermaak Emmanuel met treffers

Die volgende byeenkoms en finale ene vir die jaar sal plaas vind op 14 November by Lewensentrum.

DIE Emmunuel groep het op 17 Oktober niemand anders as Jannie Moolman verwelkom om hulle te vermaak nie.

Met sy goue pype en snaakse stories het hy die gehoor in die palm van sy hand gehad.

Jannie het weggetrek met geliefkoosde treffers van Gé Korsten wat, volgens hom, die grootste superster is wat Suid-Afrika nog ooit gehad. Daarna het hy vertel hoe wonderlik dit is as die poësie en musiek bymekaar kom en hoe dit die skoonheid van die menslike siel ontbloot. Jannie het die dag afgesluit met sy weergawe van Liefling en ’n lied opgedra aan die Here.

Marelie Rabie het die gereelde bywoners bedank vir elke keer wat hulle bywoon, want volgens haar sou Emmanuel sonder hulle nie kon aangaan nie.

Die volgende byeenkoms en finale ene vir die jaar sal plaas vind op 14 November by LewenSentrum.

Vir meer besonderhede skakel gerus vir Marelie Rabie by 011 864 1285 gedurende kantoorure.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button