Local newsNews

Erfenisvereniging kuier op historiese plaas #gemsofalberton

Soos elke jaar het die Alberton-erfenisvereniging (AHS), onder leiding van sy voorsitter Beverley-Ann Small, hierdie jaar weer iets spesiaal vir Erfenisdag gedoen. Met die goedkeuring en goedgunstige samewerking van Leola Meyer en haar gesin, is die Erfenisgangers toegelaat om ’n deel van die Meyerhuis, soos dit alom bekend is, binne te besigtig. Leola se dogter, …

Soos elke jaar het die Alberton-erfenisvereniging (AHS), onder leiding van sy voorsitter Beverley-Ann Small, hierdie jaar weer iets spesiaal vir Erfenisdag gedoen.

Met die goedkeuring en goedgunstige samewerking van Leola Meyer en haar gesin, is die Erfenisgangers toegelaat om ’n deel van die Meyerhuis, soos dit alom bekend is, binne te besigtig.

Leola se dogter, Liezl Lategan Meyer, self ’n lid van die AHS, was instrumenteel in die samestelling van die program.

Elke lid van die AHS kon ’n beperkte aantal gaste nooi om die dag op die plaas saam deur te bring. Ongeveer 50 gaste het die geleentheid bygewoon.

Die ondervoorsitter van die AHS, Daan Grobler, het die gaste welkom geheet en die Meyer-familie spesiaal bedank vir die geleentheid om 2019 se Erfenisdag op die plaas deur te bring en die huis te besigtig.

Leola Meyer het vervolgens ’n interessante praatjie oor die geskiedenis van die huis gelewer, iets wat die Erfenisdaggangers baie geniet het.

Terselfdertyd het sy die jongeheer JP Meyer, die sewendegeslag Meyer wat DV die boerdery op die plaas eendag sal voortsit, aan die aanwesiges voorgestel en hy het, saam met ouma Meyer, ’n tydelike gedenkplaat onthul wat later met ’n permanente een vervang sal word.

Yvonne Grobler by ’n ou “spyder” op die plaas.

Die besigtiging van die huis, deur klein groepies gaste op ’n keer, was ’n besondere hoogtepunt.

Die “voorkamer”, ingangsportaal en stoep is by die besigtiging ingesluit en Leola, haar man Louis van der Klashorst, en Liezl het as gidse opgetree en baie interessanthede oor die huis en items in die lokale wat besoek is, meegedeel.

Die dag se verrigtinge is afgesluit met tee/koffie en tradisionele koeksisters terwyl 16 persone die voorreg gehad het om iets te wen met ’n gelukkige trekking waardeur hulle geskenkpakkies kon ontvang waarvan die inhoud deur talle skenkers in die sakegemeenskap geskenk is.

Heelwat gaste het nog op die uitgestrekte skaduryke grasperke gekuier terwyl ander stadigaan huiswaarts gekeer het.

AHS is dankbaar teenoor die Meyer familie oor hulle bereidwilligheid om die groep op hulle historiese plaas en by hulle indrukwekkende historiese huis te ontvang.

Die Alberton-erfenisvereniging bedank graag die besighede en skenkers uit die sakegemeenskap vir hulle onmisbare bydraes.

Inligting verskaf deur Daan Grobler

Die pragtige geskiedkundige opstal op Meyerplaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button