Randhart se eie robot programmeerders
Wiehan van Wyk en Dian Erhke van Laerskool Randhart het ’n 10de plek by die Nasionale Kampioenskappe van die World Robot Olympiad behaal.
Twee Ranties het Laerskool Randhart en CurioTech by die Nasionale Kampioenskappe van die World Robot Olympiad verteenwoordig wat op 27 September by die TicketPro Dome plaasgevind het.
By dié kampioenskappe was daar 700 inskrywings waar net 70 gekwalifiseer het vir die Nasionale Olimpiade oor vyf kategorië.
Wiehan van Wyk en Dian Erhke was een van 18 spanne in hulle afdeling.
Na ’n lang dag van harde werk om robotte te bou, te programmeer en die take uit te voer soos die kompetisie vereis, het Wiehan en Dian ’n 10de plek behaal.
“Hierdie is ’n uitmuntende prestasie vir die span wat hulle eerste Nasionale Kampioenskappe bygewoon het,” sê Michael Boucher van die skool.
“Ons by Ranties is trots op hulle en so ook op Ludwig Erhke wat hul afrigter is.”



