[GALLERY + VIDEO]: Ligstad se eerste Lumiére-aand ’n sukses
Die Lumiére-aand was gehou om fondse in te samel vir Ligstad.
Ligstad het hulle eerste Lumiére-aand gehou op 5 November by die Alberton Aftree-oord. Die Lumiére-aand was ’n geleentheid vir mense om saam te kuier en vermaak te geniet, alles om geld in te samel vir Ligstad. Lumiére, wat sy naam vat van die Fraans vir lig, speel op die lig wat Ligstad bring vir die gemeenskap. Tydens die aand was daar optredes deur die Ligstad Liggies wat ’n blokfluit opvoering aangebied het, die Imbizo groep wat drie a cappella liedjies gesing het en Ilse-Louise Herholdt en Tobie Jooste wat ’n musiek vertoning aangebied het. Later was daar ook ’n veiling gehou om verder fondse in te samel.
VIEW GALLERY:
WATCH:










