Local newsNews

Li-Li Manshaarkappers vier verbintenis met Alberton

Die musiekfees vind op 30 November op die hoek van Fickweg en Tweedelaan plaas.

Die drie manshaarkappers van Li-Li het besluit om hulle lang verbintenis met Alberton met ’n musiekfees te vier.

Li-Li Manshaarkappers het hulle deure in 1971 oopgemaak. Die musiekfees vind op 30 November op die hoek van Fickweg en Tweedelaan plaas.

Kunstenaars wat op die dag sal optree is onder andere Clive Bruce en Jed Nery Beutbox. Verdere vermaak sluit in orkeste, volkspele en vele ander plaaslike en besoekende kunstenaars.

Stalletjies is beskikbaar teen R200. Kontak gerus Kobus Labuschagne by 072 783 3034.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button