Balans is belangrik selfs in die klein dinge
Besoekers is meer as welkom om te kom inloer.
Brandpuntfotoklub is ’n klub vir fotografie-entoesiaste in Alberton. Saam is hulle ’n jolige groep mense met ’n passie vir fotografie.
Of jy dit doen as ’n stokperdjie, en of jy al ’n gesoute fotograaf is, hulle bied iets vir almal. Hulle kom die tweede Maandag van elke maand om 7nm by die Alberton LewenSentrum bymekaar.
Besoekers is meer as welkom om te kom inloer. Om meer oor die klub uit te vind of aan te sluit, skakel gerus die voorsitter Reppies Repsold op 082 716 0688.



