Local newsNews

KYK: Na 33 jaar is Klankland nou ’n boek

Die verhale van Klankland is 33 jaar gelede deur Graad Een juffrou Maryna Clarke ontwikkel om kinders te help klanke by lettervorming te pas.

’n Groot droom het vir Graad Een juffrou, Maryna Clarke, waar geword toe sy die boekbekendstelling van haar eerste boek Klankland op 27 November by Laerskool Orion gehad het.

Die boek het omtrent twee jaar geneem om deur produksie te gaan, maar die rympies en verhale het Maryna reeds 33 jaar terug begin vorm.

Die verhaal van Klankland het begin toe sy as jong juffrou by Laerskool Jan Meyer begin het.

“Ek het by Jan Meyer geproef en die hoof het vir my ’n pos aangebied,” vertel Maryna.

“Ek sou oorspronklik vir Graad Viers klas gee, maar toe ek die eerste dag daar aankom was daar ’n rekord getal Graad Een inskrywings.

Na 33 jaar het Graad Een juffrou Maryna Clarke se droom om haar Klankland verhale in ’n boek vry te stel waar geword.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

“Die hoof het vir my gesê dat ek ’n Graad Een klas sal vat.”

Só het alles vir haar begin en Maryna voel dit was ingryping van die Here wat haar op die perfekte plek geplaas het.

“Ek het die heel beste werk.”

Maryna is tans ’n Graad Een juffrou by Laerskool Orion.

Alberton se kleingoed die inspirasie

Sy het die karakters van Klankland ontwikkel toe sy besef het kinders sukkel om die vorming van die letters te pas by hulle klanke waneer meer tradisionele metodes soos “a is vir appel” gebruik word.

“Omdat ek in prentjies dink het ek toe met my voorbereiding in die aande gedink wat van hierdie klankie staan vir my uit,” sê Maryna.

“Toe dink ek byvoorbeeld dat al die gesiggies na regs kyk omdat hulle van links na regs loop.”

Sodoende het honderde Alberton kinders onder Maryna hul klankies in Klankland geleer.

“Ek moet baie dankie sê vir al die kinders wat oor die jare in my klas was, want hulle was absoluut die inspirasie vir Klankland,” sê Maryna.

Na 33 jaar het Graad Een juffrou Maryna Clarke se droom om haar Klankland verhale in ’n boek vry te stel waar geword.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

’n Groter droom

Die skryf van die Klankland boek het begin toe Maryna Liezel Blom van SATeacher ontmoet het en vir haar die verhale van Klankland gewys het wat toe op A4 bladsye getik was en sy die potensiaal van die boek gesien het.

“Die proses was eintlik baie maklik,” sê Maryna. “Die SATeacher-span is verskriklik professioneel en het alles gedoen soos wat ons die boek wou gehad het.

“Ek kan nie vir hulle genoeg dankie sê vir hulle harde werk en hulp nie.”

’n Groot hoeveelheid ondersteuning het ook van haar twee kinders, Claudine en Hugh, gekom en volgens haar is tye saam met hulle vir haar baie spesiaal.

Maryna se droom is om die Klankland reeks nog uit te brei met die Engelse weergawe wat reeds in werking is en later ook Nommerland wat die stories van die verskeie syfers ook vertel te skryf.

KYK:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button