Op ’n drafstap deur die geskiedenis
Vir meer inligting skakel skakelbeampte Hannetjie Nolte by 072 205 0194.
Dit was ’n oggend opsy gesit vir ’n geskiedkundige oomblik of twee waar Brackenhurst VLU se lede totaal meegevoer was.
Dié dames het op 22 Januarie by NG Kerk Brackenhurst vergader, saam gekuier en Tweespraak deur Brenda van Zyl en Susie du Plooy geniet.
Die twee vroue het die gehoor met interessante feite tydens hul Drafstap deur die Suid Afrikaanse Geskiedenis uitbeelding, meegevoer. Terwyl Susie voorgelees het, het Brenda op haar beurt gesing en meer historiese vertellinge gedeel.
In stilte het almal die geskiedenis herleef met nostalgie en selfs ’n traan of twee weg gepink.
Verrigtinge was afgesluit met heerlike verversings wat die geskiedenis verteenwoordig het en biltong, droë wors, melktert en beskuit met ’n koppie boeretroos is opgedis.
Die tak nooi ander vroue om ook by hulle aan te sluit of selfs net tydens ’n vergadering te kom kuier.
Die volgende vergadering sal op 5 Februarie om 9.30vm plaasvind.
Vir meer inligting skakel Hannetjie Nolte by 072 205 0194.




